Ek kan net sê ek het na jou gesoek Deur dwalende strate van die stad Op pleine, in treine, in pubs en clubs En op stasies in die wagkamers van my hart Jy's aan my beloof In 'n droom het ek jou opgetoor 'N Donker nag het die stad jou ingesluk Ek wou agterna Op elke hoek na jou gevra 'N Vreemd'ling sê hy het van jou gehoor In 'n droom Ek het jou gedra in die voetval van my liggaam Deur die wanhoop van 'n skemertog In rooligaande en beton En die runniking van herinnering En ek het die wonde waar jy leef gevolg Met maer gebede en hartebloed En in 'n leë nag van neonlig My weg na jou verloor