Heilig is die lewe Die geskenk van als wat is Dis die gawe ons gegewe Sodat ons ook lig kan sien Heilig is die sterre Die lig wat ons laat leef Ons is almal daar gebore Ons gaan almal weer terug Heilig is geboorte Die reinheid van nuut begin Welkomkrete van 'n boorling Laat 'n ouerhart weer sing Heilig om te sterwe Want dit dwing ons om te leef Dit heg waarde aan die lewe Dit heg waarde aan die dood Heilig is berge Want hul wys ons hoe klein ons is Met hul pieke in die wolke Maar hul voete op die grond Heilig is die winde Want hul waai ons sondes weg Hulle bring die nuwe wolke Hulle bring die nuwe reën Heilig is die water Wat ons was en wat ons is Heilig van die berge Heilig tot in die see