Diep diep daar binne in die wildste bos Versamel die diere hulle gunstelingkos En wat eet die diere as jy sou moes raai Wel hul eet stoute kinders sê die ou papegaai Daar eendag daar buite in die wildste bos Loop daar 'n seuntjie deur sy ouers gelos Hy was te gevaarlik om te bly by die huis Hy het selfs vir ouma sy lang tande gewys Hy was die stoutste kind - wat jy op aarde kon vind Hy het amok gemaak - altyd die bure gepla Sy naam is Janneman - en hy het slange gevang O, Janneman - hy het die land in sy hand Daar eendag daar buite in die wildste bos Vergader die diere van die oerwoud toe saam Elkeen 'n storie wat 'n ouer sou skaam Oor 'n bose klein seuntjie vir alles te blaam Hy het Krokodil aan sy tande gebind Hom geskiet soos 'n kettie vlieg klein Krimpvark Tot teen die nek van Kameelperd met 'n tak in sy bek En so is die vrede van die oerwoud geskend Hy was die stoutste kind - wat jy op aarde kon vind Hy het amok gemaak - altyd die bure gepla Sy naam is Janneman - en hy het slange gevang O, Janneman - hy het die wêreld laat praat Staan op Janneman - laat ons sien wie jy is Janneman -het al die slange gesis O, Janneman - pronk die poue kordaat Janneman - so het die bure gepraat Toe doe doe doe - laat ons sien wie jy is Toe doe doe doe - Janneman Toe doe doe doe - laat ons sien wie jy is Toe doe doe doe - Janneman