Ek is Oupa, Oupa die Uil Wat iewers in die donkerte skuil In die nag is ek die wakkerste dier Maar as die son opkom Slaap ek die heel dag om Ek kan baie goed sien met my oë Ek kan muise in die nag opspoor Maar die lekkerste ding om te eet Is die blinde mol wat in die grond rond rol Wie gaan daar - vra Oupa die Uil Ek kan jou duidelik sien - sê Oupa die Uil Daar agter die blaar - waaragter jy skuil Ek het jou duidelik gewaar - so sê Oupa die Uil Ek maak jou gou-gou gaar - mmh Oupa die Uil In 'n pot op my vuur - die vuur van Oupa die Uil Met 'n kaassousie - lipleklekker En spaghetti Ek is Manie, Manie die Mol Wat onder in die grond in die donkerte rol Ek is die blindste dier wat sing Ek's die stokblinde koning van die ondergrond So sê ons Manie, Manie die Mol Wat doen jy as die uil jou jag O, as die Uil my jag in die nag Grou ek in die grond vir my 'n donker gat Ek grou gou hier - sê Manie die Mol Dan grou ek daar - sê Manie die Mol Ek maak 'n groot molshoop - sê Manie die Mol Met al die grond wat opstoot - sê Manie die Mol Ek woon hier ondergronds - ondergronds Waar geen Uil my kan sien - Uil my kan sien Al gee jy my 'n spieël - gee my 'n spieël Sal ek myself nooit kan sien - homself nooit sien Manie die Mol - Oupa Uil Manie die Mol - Oupa die Uil Manie die Mol - Oupa Uil Manie die Mol - Oupa Uil