In die oerwoud stap die diere aan Daar is partytjie vanaand Koning Leeu verjaar en almal kom saam Ja, almal kom saam Al die diere van die woud is daar Daar is partytjie vanaand Koning Leeu verjaar en almal kom saam Ja almal kom saam By die grootste boom Langs die waterstroom waar die koning woon Ja, by die grootste boom Langs die waterstroom waar die koning woon Oupa Olifant was amper laat Hy't in die stofpad geslaap Eers toe die kwêvoëls kwê Het hy wakker geskrik En in die modder gaan bad Die bye bring hul heuning saam Vir die partytjie vanaand Maar ons almal weet Wat die koning die graagste eet Ja, selfs die springbok weet Die sebras en die blouwildebees Het as 'n koor saamgesing Almal kon hul hoor Die sebras sing hoog En die blouwildes laag Die krimpvarkies het stry gekry Op pad na die groot party Boet's in die pens gesteek En Sus is in 'n bol gerol Ma is kwaad vir pa As die kinders so lol Die bobbejaan voel aangenaam Hy maak asof niks hom kan pla Hy bring sy boggomsmelk Vir die koning se kelk Ja, selfs die koning drink melk So stap die diere van die oerwoud aan Na die partytjie vanaand Koning Leeu verjaar en almal kom saam Ja, almal kom saam Na die grootste boom Langs die waterstroom waar die koning woon Ja, by die grootste boom Langs die waterstroom waar die koning woon Hoor jy die lied, o hoor jy die lied Hoor jy die lied, o hoor jy die lied Hoor jy die lied, o hoor jy die lied Wat die diere sing Wat geskenke bring Vir die leeu-gesin