As die wind in die aandlig waai Wanneer die voëls in die takke swaai Wanneer die son al onder is En al die dag se diere groet die aand se rus Die dag is klaar Gaan huis toe Wanneer die donker die lig opvreet Wanneer die paddas in kore kwaak En die uile hul oë oopmaak Spinnekop pas sop jou web word windverwaai Die aarde draai die nag oop Oe, elke dier het sy dag Die uile huil in die nag En slaap in die dag Oe, elke dier het sy dag Die krieke kraak in die nag Met die uile wat jag Wanneer die lig in die huis afgaan En die bure hul oë toemaak Wanneer die son al onder is En al die dag se mense groet die aand terug Die dag is klaar Gaan slaap nou As die sterre die aand vol blink En die rot in die nag rinkink As die jakkals jou oor vol tjank Ratelsang wees bang die uil is aan die gang Die aarde draai die dag toe Oe, elke dier het sy dag Die uile huil in die nag En slaap in die dag Oe, elke dier het sy dag Die krieke kraak in die nag Met die uile wat jag Slaap sag, elke dier het sy dag