Kishore Kumar Hits

Laurika Rauch - Vir 'N Pepermossie (Voortaan Sal Ek Winterskemer Vleilangs Loop) lyrics

Artist: Laurika Rauch

album: Laurika Rauch Sing Die Liedjies Uit (Stuur Groete Aan Mannetjies Roux)


Voortaan sal ek winterskemer
Vleilangs loop
En droë takkies van geraamte
Struike stroop
Die wilgers sal gekruisig
Aan die hemelruim hang
En ek sal, dood menslik
Na jou terug verlang
Soos na die somer se rinkink
Van vinke in palmiete
En die onbeholpe liefde
Van wildeganse tussen riete
Soos na die somer se rinkink
Van vinke in palmiete
En die onbeholpe liefde
Van wildeganse tussen riete
Voortaan sal ek winterskemer
Vleilangs loop
En droë takkies van geraamte
Struike stroop

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists