Kishore Kumar Hits

Richard Van Der Westhuizen - Die Appels In Jou Nek (feat. 'N Man Soos Jan) lyrics

Artist: Richard Van Der Westhuizen

album: Ballade Vir 'n Enkeling (En Die Jare Daarna)


Ek loop heeldag rond en glimlag jy dink ek lag in my mou
Maar saans haal ek my masker af en ek huil oor jou
Jy dink dis maklik om net aan te gaan te maak of niks my pla nie
Maar elke liewe keer kan ek nie vra wat ek wil vra nie
En ek staan oop en bloot hier voor jou as ons nog 'n kans wil gee
Maar ek sien my woorde help nie ja jyhet jou besluit geneem
So ek sal minder praat en sagter huil
Minder van myself verruil
Minder droom en minder lag
En nooit weer iets van jou verwag nie
Minder hoop en minder dink
Jou liefde uit my lyf uit skink
Jou kleure uit my hart uitvee
En ek belowe jou
Ek sal ook minder vir jou omgee
Ook minder vir jou omgee
Ek tel nogsteeds die dae af wat ek jou eendag weer gaan sien
Ek het eerlik, ek het alles, jou seermaak ook verdien
Want ek proe nogsteeds jou lippe, jou liefde en jou sweet
Gee my tyd en gee my spasie, dat ek jou ook kan vergeet
Ek het probeer om jou te keer, ek het selfs in jou pad gaan staan
Jy het my oë ontwyk en omgedraai, op ou ou spore terug gegaan
So ek sal minder praat en sagter huil
Minder van myself verruil
Minder droom en minder lag
En nooit weer iets van jou verwag nie
Minder hoop en minder dink
Jou liefde uit my lyf uit skink
Jou kleure uit my hart uitvee
En ek belowe jou
Ek sal ook minder vir jou omgee
Ook minder vir jou omgee
Want ek ruik nog elke aand, die appels in jou nek
En ek voel hoe pomp die leegheid uit my gitswart hart gevlek
Ek sal moet wyfel ek sal lieg en ook vergroot
Om te vergeet van jou sal ek my hart laat glo jys dood
So ek sal minder praat en sagter huil
Minder van myself verruil
Minder droom en minder lag
En nooit weer iets van jou verwag nie
Minder hoop en minder dink
Jou liefde uit my lyf uit skink
Jou kleure uit my hart uitvee
En ek belowe jou
Ek sal ook minder vir jou omgee
Ook minder vir jou omgee

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists