Kishore Kumar Hits

Richard Van Der Westhuizen - Hoe Durf Jy? lyrics

Artist: Richard Van Der Westhuizen

album: Songs Uit My Binnesak


Wag 'n bietjie
Wat sê jy vir my?
Wag 'n bietjie
Herhaal daai woordjies vir my
Hoe durf jy?
Sê vir jou ma ek sal jou nooit weer pla nie
Sê vir jou sussie ek is baie lief vir haar
Sê vir jou broer ek hoop hy maak miljoene rande
Sê vir jou pa ek dink daai opal enjin is al lankal gaar
Wag 'n bietjie
Wat sê jy vir my?
Wag 'n bietjie
Herhaal daai woordtjies vir my
Hoe durf jy?
En sê vir jou ouma sy kan nou maar rustig doodgaan
En sê vir jou oupa ons kinders sal sy naam nooit dra
En sê vir jou gomtor oom hy kan sy oë nou van my afhaal
Want volgens jou was ons blykbaar al lankal klaar
Wag 'n bietjie
Wat sê jy vir my?
Wag 'n bietjie
Herhaal daai woordjies vir my
Hoe durf jy?
En sê vir jou budgie ek gaan hom nooit weer voer nie
En sê vir jou dokter daai
Pille wat hy jou gee maak jou net beter
Wag 'n bietjie
Wat sê jy vir my?
Wag 'n bietjie
Herhaal daai woordjies vir my
En sê vir my hart jy het my siel mooi omgekrap
En sê vir my brein jy was nog altyd te ferfynd
En sê vir my lewe ek weet ek sal jou wel vergewe
Vir al die seerhê en al die ongemaklike lepel lê
Wag 'n bietjie
Wat sê jy vir my?
Wag 'n bietjie
Herhaal daai woordjies vir my
Hoe durf jy?
Hoe durf jy?
Hoe durf jy?
Hoe durf jy?

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists