Kishore Kumar Hits

Joshua Na Die Reën - Dromers lyrics

Artist: Joshua Na Die Reën

album: Die Wêreld Binne My


Eens op 'n tyd het 'n droom gaan lê
In die hart van 'n mens wat 'n droom wou hê
Tyd het verloop en die droom gegroei
Soos hy droom het sy hart met homself bly stoei
Sou hy oor 'n afgrond trap
Met die vlerke wat hy self sou maak
Vrees sou in hom min moes raak
En die hoop in sy droom sou dit waar maak.
Iets in haar oë kon die mooi bly sien
En die lig in haar hart sou die wêreld dien
Om alles te gee en om niks te kry
Sou die kreet op haar pad vir haar lewe bly
Sou sy as sy als sou gee
Nog genoeg hê om ook van te leef
Sou sy dan ook als verloor
Sou sy bly staan vir waarin sy glo
Gedagtes het stil in 'n droom gereis
En 'n sel kon sy pad in twee rigtings neig
Spore kon loop waar tyding draai
Hy 'n land se hoop op sy skouers laai
Roep dan oor die vlaktes heen
Waar daar hoop was is daar nou ook seer
Selfsug sou in hom min moes raak
Toe sy woorde die eggo van vryheid maak
Stilte het in die dag oortrek
Toe duisternis oor die aarde strek
Almal't gedink dat hy homself sou spaar
Maar in diepste diep van sy hart was daar
Geheime wat net sou kon leef
As een homself vir almal gee
Almal sou genoeg kon wees
Want vir almal was hy genoeg gewees
Eens het ek lank op 'n berg gaan staan
Om te sien hoe die dag in die nag vergaan
Alles in my het stil geraak
Ek't gedroom ek wil als van my lewe maak

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists