Callie se droom is meer as Akkerdal Waar ons vreesloos in die stroom met eerste sig Kon val Met lig en flikker kon flinders begin vladder Oor die velde wat verander soos die herfsblare Kleur Hoop se ritme reëndans hemel in haar hart Kan daar dan meer met engele gebeur? Wat God se gespe in liefde bind verloor verlief Op die Sonnekind Winter kom met koud en krake Ons stryd oud drake Met bietjie blou en bietjie van jou Kan 'n jong Jacaranda naderstaan Ewig altyd Laat tyd stilstaan Hoop se ritme reëndans hemel in haar hart Kan daar dan meer met engele gebeur? Wat God se gespe in liefde bind verloor verlief Op die Sonnekind Jan Blohm beminningsbloeisels Die lente geur sewe jaar deur Daai eerste soen smeek versot Vir nog 'n dag waar werklikheid En wens in een kon smelt Soos silver skyn die wolk se rand Totdat jy nou staan aan my kant Grassies groei in 'n groentrui Tussen bossies bergblomme vir jou Want ewig is altyd En altyd is nou