Kishore Kumar Hits

Joshua Na Die Reën - Heuwels en Berge lyrics

Artist: Joshua Na Die Reën

album: Die Wêreld Binne My


Vertel my stories
Oor die reis van my hart
Die lig en donker
In die geheim
In die openbaar
Want my hart verlang dat jy
Saggies loop en die berge heuwels maak
Miskien soos ons loop
Sal ons paaie gelyk raak
Sal jy wag tot die son opkom
Sal jy saam met my loop in die velde
My hart sal blom as jy saam sal kom
Want al ken jy my vrees
Kies jy om nog by my te wees
Lig die luike dat my oë weer kan sien
Die diep valleie wat ek deur is miskien
Verstaan ek nou die waarde van die berge en die heuwels
Miskien net omdat ons loop het ons pad gelyk geraak
As jy wag tot die opkom
Sal jy saam met my loop in die velde
My hart sal blom as jy saam sal kom
Want al ken jy my vrees
Kies jy om nog by my te wees
Al ken jy my seer kies jy om nog my te wees
Al ken jy my kies jy om nog by my te wees
My storie is heuwels,
My storie is berge,
My storie is vrees
Dat ek te min sal wees
My storie is stof
En my storie is sterre,
My storie is seer
Ek wou iets anders wees
My storie deur winters
En reen in die somers
En al ken jy my
Kies jy om nog by my te wees
Al ken jy my heuwels
Al ken jy berge
Al ken jy vrees dat ek te min sal wees
Al ken jy stof
En al ken jy my sterre
Al ken jy my seer
Ek wou iets anders wees
Al ken jy my droogte
En reen in die somer
Al ken jy my
Kies jy om nog by my te wees

Поcмотреть все песни артиста

Other albums by the artist

Similar artists