Oh oh oh oh oh Oh oh oh oh oh oh Eensaamheid, die lewe se grootste leuen Het by jou hart in gekruip en 'n leemte gelaat Wat jy daagliks met jou wêreld se dinge wil volmaak. Breekbaarheid, getrek oor jou lewe se soom Jy't genoeg van die seer van jou geliefdes gedra Nou is jou ore gesluit vir die stem wat jou wegdra. Woorde kan jou breek, eindig of begin, Maar soos heuning op my lippe is die klank van jou naam. Wie jy is is alreeds genoem Jou naam op my hande geskryf En ek dans voor jou deur, oh oh oh As die winter jou vreugde steel En die nagte jou drome verweer Wil my hart vir jou sê... Kosbaarheid, jou hartklop se lied in my oor My gedagtes oor jou hou die maan op sy plek Sodat hy jou in die aand met sy arms kan toe vou. Woorde kan jou breek, eindig of begin, Maar soos heuning op my lippe is die klank van jou naam. Wie jy is is alreeds genoem Jou naam op my hande geskryf En ek dans voor jou deur, oh oh oh As die winter jou vreugde steel En die nagte jou drome verweer Wil my hart vir jou sê... Oh oh oh oh oh Oh oh oh oh oh oh Wil my hart vir jou sê... Oh oh oh oh oh oh Jy's meer as genoeg vir my... Oh oh oh oh oh Oh oh oh oh oh oh